… a little bit of this, that and a lot more

Awe mense.


Ja, neh, kyk hierso, my naam is Effie, neh? Short for Eufriegonaihar. My pa was bietjie gekletter gewies toe hy vir my diese naam gee. Nou toe maak ons dit sommer Effie….


So Dizzy issie by nie. Sy’t wee daai Berik Boy-ou gewaar gister. Skoon siek. Sy sê dis Love. Die man maak haar tiete lam. In ‘n verrie good wei, se sy. Soos ‘n bakvissie. Whoo, sy’t die skoot hoog deur. Dit vir ene wat bly vir my sê g’n man sal haa kniee lam maakie. Check julle nou hoe waai daai wind? Skoon haar seile uit.


Nou waapas ekke in? Ek en Dizzy is kazzies. Van my pa se kant af. Ôk van my ma se kant af, maar wuh, daai’s mossie reggie! So kom ons los maar daai storie. It’s too kompliekated.


Maa’ nou check hierso, Dizzy’t vir my gewheaties van die afrikaanse chêlleng ding wat daai Jen in Wanderland vroumens geissue het. Toe tjoon sy vir my of êkkie willie ding doen nie. Net ‘n briefie skryf. Toe check êk dis vannie lêngweech wat sy van praat. Nie van daai taal nie. Julle weet mos van watter taal ekke nou praat neh? Stoute mense, julle!


Jirrie, maa dis mos ‘n tall order, neh? Ons praat mossie soos julle nie. So hoog ên als. Maa, on the udder hand, ons kan mos nou nie dié oppertoonity so lossie, dis mos wrong want julle het ‘n kompleetly anner image van onse taal. Ons praat mos ‘n lêkker taal, kyk jy. Nie so styf soos julle nie. Maar stywe dinge is goed, nettie die taalie. Oe, nou raak ek sommer ôk jits, neh? Jah, stywe goed is lekkerrrrrr.


Maa ek tjoon toe vir haar “Wat vir ‘n storie moet êk dan nou wheaties?”. Sy weet goed – vir Effie (en elke boeshie cherrie wat eke ken daar byte) is ‘n chêlleng soos dié – hoe lank gaan dit my vat om daai lekker ou van jou af te vry. Dis nou ‘n chêlleng vir ons.


Nie dié larnie dinge wat julle van praatie. Dis gans te kompliekated vir my. En stories vertel ôk.
Whu, ons weet net van skop-skiet-en-donner stories. Nikse sofistiekated goeters soos briefies skrywe nie.
Tensy ons ‘n briefie moet skrywe vir ou Whaayat wat in die tjoekie is. Dis mos nou ‘n anner saak totally, neh? Net vir hom sê van sy ma wat ‘n anner boyfriend het – diese boyfriend is nou wel 20 jaar jonger as hy, maar hy hoefie te weetie – en sy baby-sis wat ôk nou lang vingers het. Wuh, hy gaat haar donner as hy uitkom. Maar check hier, ek raak nou heelemal die pad byster.


Maar nogge ding wat êk julle net moet inform – julle ken eintlik nie vir Dizzy nie. Sy’s worse as a coconut. Het julle gewiet haar naam is eintlik Dosie? Maar sy’s mos skaam vir daai naam, jy ken? Nou’s sy sommer Dizzy. Wuh. Too white for her kaaind, as jy vir my vra. En sy praat ôk so hoog. Want sy dink sy’s hoog. En beter as ons anner boeshies. As daai kind maar net wil weet. Sy’s nog stieds coloured, whevver she laaiks it or not! Propper english, my gat! Laaik aansit, daai Dosie.


Maar ênieways, sy’t gesê êk moet bietjie hier kom inloer en check wat maak julle hierso. Waffer die blogs is. En ek moet haar toggie ambarass nie. Wuh, daai kind wil gemoer word. Wie wil kyk?


Êk moet sê, êk’t lanklaas mense gecheck wat so baie praat. Het julle dan nie werkie? En issues. Wuh, julle’t seriaas  issues, neh? Vra vir Oprah, sy sal julle sê julle’t issues, sy’s slim daai vrou. ‘n Reel roalmodel vir onse meisiekinders. Nie dat dit veel help nie. Dosie laaik nie vir Oprah nie. Sê sy’s „overrated“. Waffer ‘n woord is dit?


Maar kyk hier, neh, êk moet nou spat. Dosie het gesê net ‘n paar tjoons, en kyk hoe lank gaat êk nou al aan. Sy gaan my sieker nie wee vra om te kom kuier nie. Die snob. Finks she’s all dat!


Maar as julle vi haar pressure, maybe sal sy my wee permission gee om ‘n briefie te skryf. Daai sal kwaai wees, neh?


So koebaai vir nou neh, en sien julle miskien weer soon, wha?


 


Soontjies

Advertisements

Comments on: "Afrikaans jou lekker ding" (36)

  1. DjinnDeamon said:

    Effie se net vir Dizzy, as sy my will he moet sy net n papier met haar nommer op hou as sy in die oggend verby ry 🙂 ek sal haar dan self kontak. Great storie. Lekker dag, sien jou op die pad

  2. lonelykitty said:

    Five stars from me!

  3. algoabay said:

    *****!Mooi storie, jy MAG maar!:-)

  4. ezanne1 said:

    oooh het ek nou lekker gelag.Ons hier in die kaap ken mos van daai langwiech 😉

  5. kevinmatthews said:

    I am sure this was very funny, refer to my afrikaans post re: cannot read afrikaans

  6. JournoJen said:

    Ma dis no ‘n LEKKE storie wat hier geskryf is!!! Ek tjoon jo…hierdie is net 5-sterre waarde.BA HA HA ek kannie di taal praat nie…so I’ll just say freaking well done for the challenge and I would love to hear from Effie again 🙂

  7. BalooZA said:

    Effie moet weer praat! Ek laaiks it.

  8. Killakat said:

    Ja, hallo jy ôk. Issit die beste waa jy kan doen, huh?

  9. Killakat said:

    Wuh Djinn, jy moenie speel met haarie. Sy sal jou dêmage, jong! Jy moet eers proof jy’s Berik Boy, jinne!En hoeka’t jou ouers nie maa vi jou Jean genoemie. Is mos makliker, of hoe? 😉

  10. Killakat said:

    Wuh, weet jy wat noem hulle ‘n Kitty in daai lekke taal. Ek sê maa niksie!

  11. Mahesi said:

    I am sure this was interesting too. me don’t understand afrikaans :(Hoe gaan dit Dizzy? thats how far i can go, otherwise enjoy the rest of your day

  12. Killakat said:

    Ok ene van min woorde, neh? Is orraait. Ek laaiks jou ôk, hoor? lol

  13. Killakat said:

    Jy’s weikup, neh? Ek en jy kan lekke tjommies is, wha? 😉

  14. Killakat said:

    Jirrie, sorry VOTED! Maa ek tjoonie so lekker die Qween se taalie 😦

  15. Killakat said:

    So jy’s Jen in Wanderland! Jy’s die ene vir wie êkke moet tjoon vi diese breinvries! Maarit was nogals lekke, wha?!Miskien sal êkke maa my eie profaail maak, neh? Dankie virrie sterre, at least kan êkkie anners tjoon ek’t darem rêrige sterre gecheck 😉

  16. Killakat said:

    Jy’s te oulik. Sal nogals vir jou wil meet, wha? Hoe lykit?

  17. Killakat said:

    Lekke, tjomma! Sommer lekke. Da poople here ar naais, neh? 😉

  18. bronnie.l said:

    ek verlang na dizzy wat in engels skryf! gaan die pos mos vanaand lees want is biejtie stadig met die tweetalig ding op papier!

  19. bronwyntivers said:

    LOL – I think Dizzy and Effie could make a very scary duo :PHave a good one 🙂

  20. BalooZA said:

    But of course! Wanne djy wee inni Kaap is, kom kyk my op.

  21. Same shit different day said:

    😀 Lekker dag xx

  22. PaulNicholas said:

    Liewe wereld, Effie! Dis nou darem iets, ne!

  23. Colonialist said:

    Iemand wat vir ‘n Refrigerator genoem is doen blogjack, en sluit arme Dosie in die koud?Fantastiese taal, die!

  24. priscillaannef said:

    Djy, djy moet wee kô kuier, neh! Ekke smaak djou stukkend!

  25. Sylvia.Brouwer said:

    Dizzy your alter ego…soontjies meise geniet die aand…;)

  26. pinkpolkadot said:

    IEket jou brief gesmaak, Efs!! Ko kuie ma wee, hoe!!

  27. Killakat said:

    😉

  28. Killakat said:

    LOL! Col, dit kon Kelvinator gewees het 😉

  29. Killakat said:

    Whoo, she was a hit, neh? lol

  30. Killakat said:

    😉

  31. Killakat said:

    Mwah! From Effie 😉

  32. Killakat said:

    LOL! Sorted?

  33. Killakat said:

    xxxx

  34. Killakat said:

    LOL! Sorted?

  35. Killakat said:

    LOL! Will be sure to give her the message, she’ll love the attention 😉

  36. DjinnDeamon said:

    ek weet nie, hulle wou seker maak ek is spesiaal ek dink, nie te goed gewerk nie 🙂 maar ek is die een met die piercing groen oe, mooi chisseled ken in die bakkie, belowe 🙂

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

The Zeit

Your Body, Energy and Mind Blog

Caroline Criado-Perez

A Pox on the Patriarchy

Granny Smith: Unleashed

Observations and random thoughts from a "not so teenager."

The Daily Post

The Art and Craft of Blogging

Something Like a Storybook

from Morgan Bradham

HarsH ReaLiTy

A Good Blog is Hard to Find

Ray Ferrer - Emotion on Canvas

** OFFICIAL Site of Artist Ray Ferrer **

Abby Has Issues

I have issues. So do you.

The Jiggly Bits

...because life is funny.

%d bloggers like this: